Mej Diaz-kompetisie 2010 by Diazstrand

Mej Diaz-kompetisie 2010 by Diazstrand

mej.diaz-finaliste

Van die land se mooiste meisies hou jaarliks in die Suid-Kaap vakansie. Een van die hoogtepunte op die somer-en-son kalender in Mosselbaai is die Mej Diaz-kompetisie wat by Diazstrand gehou word. Tien finaliste is Sondag tydens die uitdunne en voor letterlik duisende mense op die buiteverhoog by die hotel aangewys. Hulle werk saam met ‘n aantal kunstenaars en dansers en  op Donderdag 30 Desember om 19:00 sal hulle in ‘n extravaganza in die Pero Dias-teater by die Diazstrand Hotel optree. Die aand sal verskeie glansmense ook te sien wees. Dit sluit in ‘n  voormalige Mev SA 2006/7 me Annette Kasselman en Mej Diaz 2009 en Mej SA 2010 finalis, me Danicka Rhiel as deel van die paneel beoordelaars . Die choreografie word deur Mev Suid-Afrika 2009, me Joanie Johnson gedoen en die aanieder is mnr Dieter Voigt, ‘n voormalige Mnr SA en Pasella-aanbieder.

Hier verskyn die finaliste saam met Mev SA 2009, me Joani Johnson (agter inks), Mej Diaz 2009 en Mej SA 2010 finalis me Danicka Rhiel (agter regs) en Mev SA 2006/7 me Annette Kasselman (voor middel). Die finaliste is (agter): Monja Goosen (19) van Pretoria,  Roeline Strauss (18) van Volksrus,  Bianca Langeveldt (20) van Kaapstad, Venessa Nicklaus (21) van George,  Schané Venter (18) van Alberton en Lizelle Pio (17) van Mosselbaaii. Voor is: Chrystal Chanté van Niekerk (17) van Johannesburg,  Mandie Bartlett (17) van Mosselbaai, Nadia Britz (18) van Mosselbaai en Eden Wessels (19) van Kaapstad.

(FOTO: Denise Lloyd)

Mej Diaz-kompetisie 2010 by Diazstrand is a post from: Denise Lloyd

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,




Featuring YD Feedwordpress Content Filter Plugin