Lianie May by Kalahari Restaurant en Teater

LIANIE MAY ? “BOEREMEISIE” MAANDAG 15 NOVEMBER 2010 @ 20:00
Slegs EEN vertoning
Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie
BoerMeisie Top Verkoper van die Jaar?
Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees! Gaan dit ook ‘n top verkoper wees?
Daar is ook ?n lied met ?n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ?n ou F.A.K.- treffer met ?n nuwe baadjie ? BOEREPLAAS, ?n duet saam met ?n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt van George.
BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!
KAARTJIES @ R70 by Teater of COMPUTICKET
Kalahari Restaurant en Teater en Lianie May is a post from: Denise Lloyd


