Hoërskool Punt Presteer Pragtig
ONDERSKRIF
‘n Besonderse trotse en baie tevrede skoolhoof, mnr Kobus Bester saam met Punt se vier toppresteerder. Al vier die meisies is ook op die Wes-Kaapse lys van Top 20 presteerders. Van links is: Anria Viviers (elfde), Marisa Myburgh (sestiende), Petra Muller (vierde) en Punt se topleerder Helene Muller (derde).
Hoërskool Punt behaal 100% slaagsyfer!
Die Hoërskool Punt op Mosselbaai bevind hom in die geselskap van die top skole in die land. Punt se se Klas van 2010 het gesorg dat al 204 leerders hul kant bring en Punt spog met ‘n 100% slaagsyfer. Vier Leerders van Punt Hoërskool behaal die Top 20 Lys
‘n Nog groter prestasie is die insluiting van vier van Punt se leerders op die Top 20 lys van presteerders. “Dit is bykans ‘n ongeewenaarde prestasie vir Punt. Die skool het laas in 2004 een leerder op die Top 20 lys gehad en nou het ons vier!” het ‘n uiters opgewonde en baie dankbare hoof, mnr Kobus Bester gesê.
Helene Marie Muller 3de Top Leerder vir 2010 in Wes Kaap
Die skool se top leerder Helene Marie Muller is derde op die lys met Petra Muller vierde, Anria Viviers elfde en Marisa Myburgh sestiende. “Ek skryf ons goeie resultate toe aan baie goeie samewerking tussen die drie belangrikste pilare in ‘n leerder se lewe, naamlik: die onderwysers/skool, die ouers en die leerders self. As ‘n mens in ag neem dat daar gedurende die September-eksamen 13 leerders was wat nie die paal kon haal nie en ons kon dit vir die Desember-eksamen omswaai, besef ‘n mens hoe goed die samewerking
en toegewydheid was” het Bester bygevoeg. Hy het ook die OBOS op George geloof vir hul ondersteuning. “Dis verblydend as die onderwysdepartement ook ‘n skool se hand vat en ekstra tyd en werk insit” het hy bygevoeg.Volgens mnr Bester het die skool nou ‘n kultuur van toppresteer geskep en kan hulle hierdie jaar daarop voortbou.
21 Leerders van Hoërskool Punt behaal A- Gemiddelde Simbole
Punt het altesaam 21 leerders opgelewer wat met A-gemiddeldes spog. Benewens hierdie top presteerders is daar ook nog 41 wat dit net-net nie gemaak het nie: hul gemiddeldes het by 78% en 79% gedraai. Mnr Bester het hulle aangemoedig om hul vraestelle te laat hernasien, aangesien hy glo dat ‘n hele klomp van hulle wel met ‘n A-gemiddeld sal kan spog.
Die A-simbole oes vir 2010 was 251 teenoor verlede jaar se 159 en net 21 leerders met A-gemiddeldes teenoor die 11 in 2009.
Daar was ook vier leerders wat elk 8 A’s behaal het. Hulle is die toppresteerder Helene Muller, Petra Muller, Anria Viviers en Tertius
Kitching. Daar was ook 295 B’s en 345 C’s.
Petra Muller behaal 100% vir Wiskunde
Wat volgens mnr Bester besonders bevredigend is, is die goeie prestasies in wiskunde en natuur wetenskappe. Die gemiddelde persentasie vir wiskunde was 63% en Punt het hier 14 leerders wat 80% en hoër gekry het. Petra Muller, wat tweede op die meriete lys is, het 100% vir wiskunde gekry. By natuur wetenskappe was die gemiddeld 72% en spog Punt met 16 A’s. Vir rekeningkunde was die oes 24 A’s en vir die ingenieurs grafiese ontwerp (die ou tegniese tekeninge) 19.


