Sea Rescue Potjiekos Kompetisie in Hartenbos
Op 6 Augustus 2011 bied Sea Rescue ‘n lekker potjiekos kompetisie en familie dag by Dibiki Vakansie Oord te Hartenbos aan. Die dag beloop om vol pret en energie te wees en moet beslis nie mis geloop word nie.
Potjiekos by Dibiki Vakansie Oord Hartenbos
Kom smul aan die heerlike potjiekos potte wat deur deelnemers voorberei word. Die inskrywings het reeds gesluit, maar daar is steeds tonne pret en plesier vir oud en jonk. Kaartjies vir die potjiekos beloop R60-00 per persoon.
Hartenbos Dans saam met Sea Rescue
Kom dans gerus saam op die dansbaan op die klanke van Pieter Alias Wattaparra wat die aand sal sorg vir musiek.
Die program vir die dag sluit in’n wynproe, vele aktiwiteite aangebied deur Blasters , as ook ‘n verskeidenheid ander stalletjies soos ‘n skonheids stalletjie, koffie stalletjie en ‘n Sea Rescue stalletjie.
Pretdraf, Pret Trap en Kayaking in Hartenbos
Deelnemers kan ook hul drafskoene aantrek en kom deelneem aan die pretdraf, pret trap asook aan Kayaking deelneem.
Vir meer inligting oor die dag en sy gebeure kan u gerus vir Natalie van Sea Rescue kontak op +27 (0) 82 040 7015


