Dolf se Stasie – Hartenbos se kuierplek!
Dolf se Stasie Kroeg en Restaurant, voorheen Hartenbos Stasie het in 2009 sy deure oopgemaak en sedertdien een van die gewildste kuierplekke in Hartenbos omgewing geword!
Kom kuier by Dolf se Stasie Kroeg en Restaurant van vroeg tot laat
Die kroeg by Dolf se Stasie is oop vanaf 10am tot 2am en het ‘n gereelde kuierplek geword onder nie net die plaaslikes in Hartenbos en Mosselbaai nie, maar ook vakansiegangers in die omgewing. Die drank by Dolf se Stasie is beskikbaar teen bekostigbare pryse.
Potspel- en Veerpyltjies Kompetisies by Dolf se Stasie
Dolf se Stasie het ook 2 Potspeltafels en ‘n Veerpyltjies bord. Hulle hou elke Dinsdagaand Potspel kompetisies en die Veerpyltjies bord het ook al vir ure se vermaak gesorg. Hier is ook ‘n Jukebox, so of jy nou van Klipwerf, Kurt Darren of Die Campbells hou, jy kan hier saam kom kuier!
Hartenbos Restaurant
Dolf se Stasie Restaurant bied top gehalte geregte teen bekostigbare pryse.
Hul spyskaart bestaan uit Ontbyt, ”Steaks”, Jumbo Burgers, Vis, Kalamari, Hoender, Garnale en ook Ribbetjies. Die Restaurant is bekend vir sy doeksagte Kalamari.
Wegneemetes by Dolf se Stasie in Hartenbos
Dolf se Stasie verskaf ook wegneemetes en baie van die plaaslikes kom kry hier van hul watertand lekker disse om saans by die huis te geniet.
Funksies en Platters in Hartenbos
Die Restaurant kan ook Platters op aanvraag voorberei en baie mense maak gebruik van hulle vir werksfunksie, verjaarsdagpartytjies sowel as net ‘ n blote lekker kuiertjie om ‘n vuurtjie by Dolf se Stasie. Die Restaurant en Kroeg kan ongeveer 100 mense hanteer en met die potspel tafels, veerpyltjies bord en kroeg is dit die ideale kuierplek!
Super 15 en Wêreldbeker Krieket by Dolf se Stasie
Dolf se Stasie het hul eie grootskerm televisie en is gereed vir die Super 15 sowel die Wêreldbeker Krieket! Kom geniet die opwinding hier! Hier is verskeie braai geriewe, binne sowel as buite. Jy is welkom om jou eie vleisie en slaaitjie te bring en hier te kom braai en gebruik te maak van die kontant kroeg. Vleispakkies is ook beskikbaar.
Kry jou heerlike kookkos op Dinsdae by Dolf se Stasie
Elke Dinsdagaand kan jy ‘n bord gekookte kos hier kry teen slegs R49 per bord. Dit bestaan uit rys, vleis, aartappel en 2 groentes.
Spesiale disse by Dolf se Stasie
Dolf se Stasie probeer iets uniek en interessant vir hul kliënte bied en het van tyd tot tyd Afval-aande, Beesstert so wel as Skaapkoppe.
Dolf se Stasie is die ideale kuierplek net ‘n klip gooi van die see af! Kom kuier gerus saam!
Dolf en Linda wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir al hul getroue plaaslikes baie dankie te sê vir hul ondersteuning!
Vir meer inligting of vir besprekings kontak gerus vir Linda op 044 695 4166 of 084 228 0800









