Skip to content

Mosselbaai Besigheidskamer

By Denise Lloyd

Mosselbaai Besigheidskamer

mosselbaai besigheidskamer

mosselbaai besigheidskamer

Mosselbaai kry nuwe Besigheidskamer

Mosselbaai het onlangs ‘n Besigheidskamer gekry. Na afloop van ‘n inligtingsvergadering waar belangstellendes onder meer deur ‘n verteenwoordiger van PetroSA oor die voorgestelde LNG (beoogde aflaai-aanleg vir vloeibare aardgas) ingelig is, het die gaste lekker saamgekuier en die voordele van die Kamer bespreek.

Hier kuier van die komiteelede saam met ‘n spreker, Harry Hill van Mosselbaai Munisipaliteit (tweede van regs). Die lede is (van links): Kobus Smit (Gouriqua Eiendomme), Floyd Murray (Murray & Jacobs Consulting) en Pierre Venter (regs), voorsitter van die Kamer.

Volgende vergadering van Mosselbaai Besigheidskamer

Die volgende vergadering vind op Dinsdag 13 Oktober om 18:00 by Santos Express op Mosselbaai plaas.

Skakel 082-492-2623 of stuur ‘n e-pos aan mosselbaybusiness@gmail.com (FOTO: DENISE LLOYD)

More about this topic