Mathys Roets by Kalahari Teater en Restaurant

Mathys Roets Mathys Roets tree op Sondag 13 Maart by die Kalahari-teater op George
Die man met die fluweelstem, Mathys Roets tree op Sondag 13 Maart om 14:00
by die Kalahari-teater op George op. Kaartjies teen R90 is beskikbaar by
Computicket of by die teater by 044 874 5000.
Mathys het homself oor die afgelope 14 jaar as ‘n ernstige Afrikaanse
vermaaklikheidskunstenaar gevestig, wat veral bekend is vir sy besonderse
vertolking van musiek van Koos du Plessis, Lucas Maree, Leonard Cohen, Neil
Diamond en Rodger Wittaker. Met meer as 250 vertonings per jaar in van die
grootste stede tot die kleinste dorpies, het Mathys al so te sê ‘n
huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekwêreld geword.
Dit bly ook nie net in Suid-Afrika nie, Mathys het reeds toere na Engeland,
Griekeland, Kanada, Londen, Dubai, Nieu-Seeland en Australië onderneem.
Hy tree gereeld by die groot kunstefeeste op, waar sy vertonings gewoonlik
reeds voor die feeste begin, vol bespreek is. Hy sing beide Afrikaanse en
Engelse musiek wat groot byval vind by sy gehore
Mathys Roets by Kalahari Teater en Restaurant is a post from: Denise Lloyd

